Staproete/Hiking Trail

Moeg vir die stadsgedruis? Kom beleef die Vredefort Koepel te voet. Ons staproete vat jou deur 'n verskeidenheid grassoorte en inheemse bome en struike op in 'n kloof tot bo op 'n kop waar jy 'n uitsig reg rondom jou het van die asemrowende Werelderfenisgebied. Die omgewing is bekend vir sy ryk voellewe, so bring jou verkyker en kamera.
As jy nie 'n kranige stapper is nie, kan jy 'n piekniek mandjie bring om net iewers onder 'n boom te kom ontspan.
Skakel ons gerus om te bespreek teen R60 per persoon, ons laat net 'n sekere aantal persone per dag toe.

Tired of the city buzz? Experience the Vredefort Dome on foot. Our hiking trail will take you through a variety grass species and indigenous trees as well as shrubs up a "kloof" until you reach the top where you'll have a breathtaking view of the World Heritage Site. This area is famous for it's rich bird life, so remember to bring your binoculars and camera.
If hiking is not your thing, bring a picnic basket and just enjoy the outdoors.
Please contact us to do a booking at R60 per person, limited hikers per day.